Die Storie van Ons
Volgens Marisa



Snaaks hoe mens as kind kan droom van die ridder op die wit perd en die
beeldskone prinses wat in die wrede towenaar se kasteel in die hoogste
toring opgesluit is. Eendag, ja eendag "sal ek my prinses kry" of selfs,
"my ridder sal op sy wit perd aangejaag kom en my van my voete afvee" en
ons sal ewig gelukkig saamwees.

Wel, ons sprokie het so effens anders verloop -
Soos baie van julle dalk mag weet het Leonie en Wayne die Oracle kursus
saam gedoen. En om 'n lang storie kort te maak, Leonie ontmoet vir Wayne,
vriend van Nick, vriend van Louis. Die eerste keer dat ek en Louis mekaar
ontmoet het was in Hatfield by McGinty's. Die eerste keer dat Louis met my
gepraat het, was by 'n guest evening by die dansskool - toe Leonie my
saamgesleep het omdat sy nie alleen saam met Louis wou gaan nie.

Louis is kort daarna Namibie toe en in sy afwesigheid  het nie net ons
vriendskap nie, maar ook ons intellektuele verhouding gegroei. Dit was vir
my die lekkerste om emails van hom af te kry deur die dag want ons het
gesels oor alles en nog wat.

Wanneer het ons begin vas uitgaan? Met my besoek aan Namibie. Dit het hom
natuurlik 'n hele dag en 'n bottel rooiwyn geneem voordat hy my hand die
eerste keer vasgehou het, maar dit was die wag werd.

Nou ja, op die 14de Januarie het hierdie skaam prins my gevra om met hom
te trou. Louis sou Dinsdag, die 15de teruggevlieg het Windhoek toe en ons
het vir oulaas iets gaan saam eet by Gift Acres in Lynnwoodweg.

Na ete het ons 'n draai gaan stap deur die sentrum en buite die restaurant,
op die houtbruggie, tussen die fonteine, het hy my gevra om sy vrou te word.

En vandag,  dae na ons troue, kan ek sonder twyfel se dat my ridder op
sy wit perd gearriveer het.
En dit is nou eers die begin van die res van ons lewens!


Keer terug na ons Troue blad.

Stuur epos aan Louis of Marisa.