Wie is ek?


     
      Laat ek myself bekendstel. Ek is Louis Engelbrecht en ek is gebore in Rustenburg , in die goeie ou Transvaal op 11 Mei 1973.
      Ek is die jongste van 4 broers. Ons het in Rustenburg gewoon tot in 1983, waarna ons Kempton Park toe verhuis het.
      Ek het in Kempton Park saam met my ouers gewoon tot ek in 1992 Pretoria toe is om te gaan studeer. So het Pretoria dan
      my tuiste geword.


      Ek het vir net oor die 2 jaar by Netsys International gewerk voor ek in 1999 by my huidige werkgewer (Schlumberger) begin werk het
      as 'n Programmeerder. Huidiglik programmeer ek in LINUX met PHP en die MYSQL databasis. Ek skryf dus web applikasies vir die
      internet.


      Ek het my vrou ontmoet aan die einde van 2000. Op daardie stadium het my werk my laat werk by 'n klient in Namibia. Dit
      was maar moeilike tye omdat ek so ver van my liefde af moes wees. Op 14 Januarie 2002 is ons verloof en op 21 September
      van dieselfde jaar is ons getroud in Pretoria. Ons verwag nou ons eerste babatjie.


      My stokperdjies sluit in Geskiedenis, Genealogie, en tuinmaak. Verder stel ek sommer net belang in alles wat oud is en 'n storie het
      om te vertel. Verder ook hou ek en my vrou van dans en gaan fliek ons graag.






Keer terug na my Voorstoep.