Dagboek van 'n swangerskap



22 September 2003

Die dokter het die swangerskap vandag bevestig. Ons het tot 9-uur die aand
gewag vir die uitslag. Daarna kon ons darem nie langer uithou om almal te
bel en te SMS nie.
Ons is tussen 6 en 7 weke swanger.


25 September 2003

Vandag was ons vir die eerste besoek aan die Ginekoloog gewees. Louis het
dit amper nie gemaak nie, want hy was op kursus in Johannesburg. Maar hy
was darem betyds gewees.
Die dokter het die "aspirant moeder" ondersoek en was tevrede dat sy 100%
gesond is.
Ons het ook ons eerste sonar gehad. Ons baba is nog niks meer as 'n hartklop
nie. Maar dit was beslis 'n baie vriendelike hartkloppie.
Jy kan hier kliek om saam met ons na die eerste sonar te kyk.


22 Oktober 2003

Ons amperser babatjie is volgens die sonar nou 10 weke en 2 dae oud. Ons
kon vandag op die sonar die babatjie se kop, armpies en lyfie sien.
Kyk gerus na die nuutste sonar foto deur hier te kliek

Verder gaan dit nog goed met die moedertjie. Die babatjie maak die moeder
net geweldig moeg en siekerig veral in die oggend. Soos die babatjie groei
begin die klere ook al knapper te sit.


20 November 2003

Vandag was ons weer vir 'n besoek aan die dokter. Hierdie keer het ons
nie 'n sonar gekry nie, maar ons het na die babatjie se sterk hartklop
geluister. Verder het die dokter gereken alles lyk nog goed. Oor 2 weke
met ons albei gaan vir bloedtoetse! Ouch!

Die moedertjie is nog maar steeds erg siek in die oggend, en die
gewiggies begin nou so stadigaan toe te neem. Die vadertjie sit steeds
alleen in die aande, want die moedertjie is vroeg in die aande reeds
aan die slaap.

Daar is ook al besluit op name vir die babatjie.


9 Januarie 2004

Die dokter het vandag aan ons vertel of dit 'n dogtertjie of 'n seuntjie
is. Op die sonar kon mens baie duidelik sien dat ons 'n seuntjie gaan kry.
Om nog 'n sonarfoto te sien, kliek hier. Die manlike geslagsorgaan is
elke keer net regs van die kruisie op die foto.
Verder was die dokter baie tevrede gewees. Ons bloedtoetse het terugkom en
alles lyk piekfyn. Die babatjie se datum is nou 19 Mei. Ons is al BAIE
opgewonde en kan nie meer wag nie.



24 Februarie 2004

Vandag was ons vir die eerste keer na die Voorgeboorteklasse by
Anna Cronje. Ons is besig om die babatjie se kamer te verf.


1 Maart 2004

Ons het vandag vir die 3D sonar gegaan. Sjoe. Dit is beslis 'n
seuntjie en hy is sommer BAIE mooi. Hy het baie mooi vir ons gegaap. Op die
volgende sonar kan jy 'n profiel van ons babatjie sien.
Hier is ons babatjie lekker aan die slaap. Laastens is daar 'n mooi sonar van ons
babatjie se gesiggie.



24 Maart 2004

Ons het besluit om die dokter 'n week voor die normale besoek te gaan sien,
aangesien die kraampyne erg begin raak het. Na 'n ondersoek het die dokter
bevind dat die serviks reeds terug getrek was, en dat die babatjie enige
dag kan kom.
Dit was nie goed nie en ons was geskok om te moes besef dat ons tyd om reg
te maak vir die babatjie skielik baie kort was.
Die dokter het medikasie voorgeskryf en gehoop dat die geboorte vir nog ten
minste 2 weke sou wag, alhoewel hy eerder 4 weke verkies het.
Marisa het nou opgehou met werk.


31 Maart 2004

Marisa het die dokter weer gaan sien vandag. Hierdie keer was die babatjie
se pa nie saam nie, maar sy ouma was wel.
Die dokter het beter gevoel en gehoop vir nog 'n verder 2 weke.
'n Verder sonar het gewys dat die babatjie baie klein was en dat hy te stadig
ontwikkel.
Die babatjie se oupa Coert het skielik ekstra spoed ingesit om die babakamer
betyds gereed te kry.


3 April 2004

Wat 'n verrassing was die ooievaarstee nie vir Marisa gewees nie! Almal het saam
teen haar 'n komplot gesmee.
Die babatjie het nogal mooi geskenke gekry. Die ouers was maar te dankbaar vir
alles wat hulle gekry het.


11 April 2004

Nou wag ons ongeduldig vir ons seuntjie! Ons wil hom tog maar net te graag
vashou en bekendstel aan die wereld.
Ons wag vir jou Coert.


17 Mei 2004

Die babatjie is nou al oor sy verwagte tyd. Volgens die dokter is alles
gunstig, maar die babatjie het nog nie in die bekken afgesak nie.
Die dokter het voorgestel dat hy die babatjie met 'n Keisersnee
uithaal.
Woensdag gaan ons die babatjie laat uithaal. Ons is baie opgewonde.




Keer terug na die Babakamer.